KZN – Scottburgh – Strandhuis

Selfsorg Duplex met see uitsig

 

Scottburgh Tuiste op die Strand bied gehalte-vakansieverblyf vir ‘n gesin of groep vriende. Die eenheid is op die strand en word deur die natuurlewe omring.

Die ruim dubbelverdieping-eenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die slaapkamers is op die eerste verdieping en het koninggrootte-beddens. Daar is 2 dubbelslaapbanke met slaapplek vir nog 4 gaste in die leefarea. ‘n Paar opblaasmatrasse is ook beskikbaar, indien nodig.

Die eerste verdieping het ‘n ruim balkon met ‘n pragtige uitsig oor die warm Indiese Oseaan.

Die kombuis op die onderste verdieping is ten volle toegerus vir ‘n sorgelose selfsorg-vakansie, en het ook ‘n skottelgoedwasser en wasmasjien.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en ‘n TV met DStv. Dit lei na ‘n stoep met braaigeriewe waar gaste saam kan kuier en kosmaak, en ‘n ogie kan hou oor die kleinspan wat in die tuin baljaar.

Scottburgh Tuiste op die Strand is net 500 m vanaf die hoofswemstrand waar daar ook restaurante en winkels is.

 

Kamers

Slaapkamer 1
Koning-grootte met balkon en en-suite
See uitsig

Slaapkamer 2
Koning-grootte met balkon en en-suite
See uitsig

Grond vloer
2 x Dubbel Slaap banke voor die TV
Dag Bed Sitkamerstel
Toilet
Stort

2 Skadu-net parkerings
Volledig toegerus
TV met OpenView
Groot kombuis met kuier area

Tariewe

Buite Seisoen Skool vakansies Paasfees Desember
Weeksdae – R950 p/n
Naweke – R1250 p/n
R1500 p/n R2500 p/n R3500 p/n

Tariewe

Buite Seisoen
Weeksdae – R950 p/n
Naweke – R1250 p/n

Skool vakansies
R1500 p/n

Paasfees
R2500 p/n

Desember
R3500 p/n

Vrystaat – Villiers – Vaalrivier Kuier

Oorsig

 

Vaalrivier Kuier is ‘n lee erf langs die Vaalrivier, omhein met 2 skuif hekke wat kan sluit.

Die area bied ‘n rustige kamp ervaring met die mooiste sonsondergangs.

Die kampeerterrein het plek vir 50 gaste en word as ‘n geheel gehuur. Dié kampeerterrein sluit nie water, elektrisiteit of ablusiegeriewe in nie.

Gaste is stap die straat na die Vaalrivier waar hulle meeste van hul tyd sal spandeer om vis te vang.

Die ligging is ook naby aan die dorp en gaste kan hier maklik inkopies doen vir noodsaaklikhede.

Die perseel is tans in ontwikkeling en sal mettertyd uitgebrei word met houthuisies en ablusie geriewe.

Kom ervaar die plaas admosfeer in ‘n klein dorpie met stof paaie, waar die kinders nog in die strate kan fiets ry.

 

Kamers

Plek vir 50 persone
Kampeerplek
Geen Bed

Kampeerplek

Teriewe

R50 per person per nag

Gauteng – Pretoria – Madeliefie

Oorsig

 

Madeliefie Selfsorg bied selfsorgverblyf in ‘n veilige kompleks in die hartjie van Pretoria. Dit is naby plaaslike winkels en restaurante.

Hierdie woonstel is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers en ‘n badkamer met ‘n stort-oor-bad, wasbak en ‘n toilet. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n lessenaar. Die tweede slaapkamer het ‘n driekwartbed. Daar is nog ‘n badkamer buite met ‘n toilet en ‘n stort.

Die hoofleefarea het ‘n oopplan-ontwerp met ‘n kombuis, leefarea en eetarea. Die kombuis is met ‘n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ‘n etenstafel waar gaste saam kan eet en die sitarea het ‘n slaapbank, gemaklike rusbanke en ‘n TV met Openview-kanale.

Hierdie eenheid het ‘n stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek in ‘n toesluitmotorhuis en agter ‘n veiligheidshek.

 

Madeliefie Selfsorg (Slaap 4)

Hoof Slaapkamer – koningin-grootte bed met lessenaar
Slaapkamer 2 – driekwart-grootte bed
Dagbed onder die trappe

Fasiliteite

Dak waaiers
Skottelgoed wasser
Wasmasjien
Handdoeke
Beurtkrag ligte
Gas stofie
Toesluit motorhuis
Daaglikse skoonmaak diens
Parkering vir extra voertuig
Tee/Koffie
Volledig toerus vir selfsorg
Klein tuintjie

Tariewe

R750 per nag vir die eenheid